Welkom
by Ardenbeg Stapelhuis en Buitelug Sentrum
Ardenbeg is n fantastiese selfsorg Skotse hostel in Grantown On Spey,
spesifiek vir maklik-toereikbare buitelug aktiwiteite en Highland ontdekkings
ingerig.
Gerieflike toegang
Ardenbeg
is slegs 40 minute van Inverness Lughawe en tussen 2-3 ure van al die
ander Skotse Lughaws (Aberdeen, Edinburgh, Glasgow en Prestwick). Verder
is daar ook ‘n bus vanaf Inverness Lughawe tot in Inverness Stad
en gereelde dienste vanaf Inverness tot in Grantown on Spey. Sodoende
kan jy gemaklik en teen bekostigbare pryse na Ardenbeg toer.
‘n Stapelhuis wat ver bo jou verwagtinge uitstyg!
Ardenbeg
het twee selfsorg stapelhuise, sleg minute se stap van die Hoofstraat
waar jy n Supermark, verskeie geskenkwinkels, kos en wegneem-etes en
verskeie kroeë en restourante sal vind.
In die laer stapel eenhede slaap 14 persone in ‘n kamer vir 8
en ‘n kamer vir 6. Dit het ‘n toegerusde kamer, ‘n
droogmaak kamer met n wasmasjien en ook ‘n betaal telefoon in.
In die boonste stapel eenhede slaap 10 persone in ‘n kamer vir
6 en ‘n kamer vir 4. Beide boonste- en laer eenhede het sentrale
kosmaak- en eet areas, wat as ‘n briljante sosialiseringsarea
dien. Verder is elke kamer ook met sy eie stort/badkamer toegerus.
Bring gerus jou eie slaapsak of huur een by Ardenbeg. Verder sluit dit
alles soos eetgerei, kookware en ketel ens. in.
£11.50 per persoon per nag verseker jou n plek in Ardenbeg, waar
vroeër inwoners wat weer daar kom bly, afslag geniet. Vir groepe
is daar ‘n minimum koste vir die eksklusiewe gebruik van die stapel
eenheid wat 75% van die volle inwoningskoste is.
Die geleentheid om verskillende aktiwiteite te beoefen:
Om by Ardenbeg te bly, verseker jou vinnige en gerieflike toegang tot
buitelug aktiwiteite, aangesien dit in die Cairngorms Nasionale Park
geleë is. Dus kan jy by verskeie geleenthede die pragtige bergreeks
landskap van die Highlands verken.
Sport aktiwiteite:
-
Rotsklim
Rotsklim is dwars deur die jaar moontlik en is net so lekker gedurende
die somer as die winter. Rondom Grantown is daar genoeg rots wat almal
van beginner tot die professionele rotsklimmer sal geniet!
-
Kayak and Kanoery
Ons plaaslike riviere bied elkeen sy eie uitdaging met verskillende
pedaaltrap kondisies met die klassieke pedaaltrap of die pretbote op
die Spey en ander riviere.
-
Hoogland Stap
Stap in Skotland is beide winter en somer bekend. Cairngorms Berge,
slegs 35 minute Suid-Oos van Ardenberg, is die ideale plek om jou staptoer
mee te begin.
-
Ski en Snowboarding
Ardenbeg is slegs 35 minute van beide Die Lecht en Cairngorm Ski-areas
af, wat jou die beste van albei in Skotland gee.
-
Fiets- en bergfiets ry
Ardenbeg is die ideale plek om die Spey vallei te begin verken en watter
beter manier om dit te doen as om fiets te ry, op of af van die pad
af. Woude met rybare padjies is volop en die area is ook n oefengrond
vir van Skotland se top ryers.
Verder bied bergfiets ry jou n fantastiese en tegniese belewenis deur
die plaaslike woude en verskeie klein padjies.
- Gholf
Rondom Ardenberg sal jou verskeie Gholbane vind waar jy jou gunsteling
sport in n wonderlike atmosfeer kan beoefen (Grantown On Spey, Nethy
Bridge, Carrbridge, Newtonmore, Kingussie…)
Ontspannende Aktiwiteite:
- Visvang
Die Spey rivier is 15 minute stapafstand van Ardenbeg en ook die ideale
plek om jou passie vredevol uit te leef.
- Wildlewe Ontdekking
Die Highland wildlewe kan deur die Cairgorm Takbok trop aan die voet
van die Cairgorms; die dolfyne aan die Moray kus by Fort George; die
visarende by die Boat of Garten of deur een van die Highland se wildlewe
parke by Feshie Bridge – op die Black Isle of by Tomatin –
ontdek word.
- Stoomtrein
Ons plaaslike aanloklikhede sluit ook die Strathspey Stoomtrein in,
wat van Aviemore tot Boat Garten loop. Sodoende ontdek jy al die dorpies.
Kultuur aktiwiteit:
-
Die Whisky Roete
Die Whiskey roete bied jou die geleentheid om van die distillerye te
besoek en ook meer oor die produksie van Skotse Whiskey te leer.
- Highland Spele
Gedurende Julie en Augustus is Grantown On Spey slegs een van vele dorpies
wat jaarlikse byeenkomste reël. Dus stel dit jou in staat om tradisionele
Skotse spele te ervaar.
- Museums
Museums wat die Highland storie verklap, is rondom die plaaslike area
van Grantown On Spey, Duftown, Tomintoul, Strathpeffer, Newtonmore en
Kingussie, versprei.
- Kastele
Menige kastele is binne maklik-toereikbare afstand van Ardenbeg; Balmoral,
Lochindorb, Urquart, Stuart, Huntley, Braemar, Cawdor, Ballindalloch
en Grant is plaaslik genoeg om deel van jou dag uit te vorm.
Instruksies en huur van toerusting
As
jy graag ‘n nuwe aktiwiteit wat deur Ardenbeg aangebied word,
wil leer, kan jy deur een van ons gekwalifiseerde instrukeurs dwarsdeur
die jaar bygestaan word. Ons kan jou ook met die nodige toerusting voorsien.
Ardenbeg stel die volgende aktiwiteite voor:
Stap
- Rotsklim
- Ski
- Kanoery
- Kayak
- Bergfiets ry
- En Oriëntering
Pryse vir ons instruksies en huur van toerusting, is op die prys
bladsy beskikbaar.
|